| 'n Gratis, selfreisdiens met gelyste kampplekke en selfsorg akkommodasie in Namibië. NAMIBIË - 'n geharde land van teenstellings en skoonheid, wat die selfreis besoeker lok na die vele natuurlike kampplek- en selfsorg akkommodasie. Of u akkommodasie in Namibië by 'n kampplek of in 'n selfsorg eenheid verlang, is ons daar om u by te staan met die saamstel van u selfreis toer. Vir 2011 het ons 115 gelyste akkommodasie plekke in Namibië, hierdie sluit beide kampplek en selfsorg geriewe in - outomaties. Daarby kan enige selfreis besoeker ook alternatiewe vaste verblyf versoek in alle of sommige van die areas wat besoek word.Kampplek akkommodasie in Namibië wissel aansienlik, gewoonlik nie 'n swierige kampplek soos Suid-Afrika of Europa nie, maar hulle bied die selfsorg, selfreis besoeker iets spesiaal - atmosfeer en die terug-na-fundamentele-waardes ondervinding! Die feit dat die meeste terreine in Namibië gebou is op plase of afgeleë plekke, sal die selfreis geesdriftige meestal 'n na-aan-die-natuur ondervinding geniet - selfs wanneer akkommodasie in selfsorg eenhede is. Hierdie jaar, vir die eerste keer, is selfsorg geriewe outomaties ingesluit in die stelsel van hierdie webwerf, tesame met die normale kampplek keuse. Dit beteken dat, selfreis besoekers mag nou vir hulself besluit waar en wanneer hulle gebruik wil maak van watter een van die twee akkommodasie keuses beskikbaar is in Namibië. Onder die vaandel van Bestemming Namibië, nooi ons u op 'n selfreis toer deur ons land, gehuisves in beide kampplek- en selfsorg akkommodasie. SAOG* burgers/inwoners, kliek eenvoudig op of op om u selfreis toer van Namibië te begin saamstel. Nie-SAOG burgers/inwoners, asseblief, om verwys te word na 'n spesiale web vir u selfsorg of kampplek akkommodasie besoek aan ons land. (*Suidelike Afrika Ontwikkelende Gemeenskap) WELKOM BY ONS SELFREIS KAMPPLEK en SELFSORG AKKOMMODASIE in NAMIBIË
|